Seremonie
NG Kerk Bredasdorp
14:30 vir 15:00 stiptelik.
Kerkstraat, Bredasdorp


"Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, dit is nie grootpraterig nie, dit is nie verwaand nie... Die liefde vergaan nooit nie." 1 Korintiërs 13:4–8a (AFR83)
19 · DES · 2026
NG KERK BREDASDORP
Ons pad na 'ja'

Bredasdorp Rolbal Klub het 'n "fun" dag gehou vir Nasionale Braaidag. Dit was 'n reënerige dag. Ons het die eerste game teen mekaar gespeel en Günter het vir my sy lappie aangebied om my rolballe mee af te vee. Ek het hom net op en af gekyk en gesê 'nee dankie'. Later die aand, toe koop ek vir Günter 'n dop (want hulle het teen ons verloor) — en van daar af het die liefde begin. Ons het nie 'n foto van daai dag nie, maar hierdie was ons eerste 'selfies' aan mekaar.

Ons is albei bitter lief daarvoor om die sonsopkoms en sonsak te kyk. Ons het die oggend vroeg opgestaan om die sonsopkoms in Arniston te gaan kyk.

Ons het Spoegwolf se show in Hermanus gaan kyk en by 'n plekkie in Gansbaai oorgeslaap vir die naweek.

Hier is net 'n foto van ons dek af — ons was letterlik meer buite op die dek as binne ons huis. Ons het bo in 'n tannie se loft gebly.

Waar ons eerste date was, in Arniston, het Günter met bewerige hande op sy een knie gesak en my gevra om sy vrou te wees.

'n Vrou het vir Nala op Facebook adverteer (ń straat katjie). Ek kon nie daai gesiggie laat gaan het nie. Günter was in die begin nie so happy nie - maar na 2 dae het hy herken dat Nala al baie diep in sy hart ingekruip het.

Foto bo: NG Kerk Bredasdorp Psalm 127:1 "As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs."
Die dag self
Seremonie
14:30 vir 15:00 stiptelik.
Kerkstraat, Bredasdorp
Onthaal
Ons vier saam tot laataand op die basis.
Vyf dinge

Vyf dinge oor

Vyf dinge oor
Vrydagaand · Kuier vooraf
16:30 VIR 17:00
Die wat wil, kan 'n rondte rolbal speel — en verder gaan ons net lekker saam eet en kuier.
Vrae
Geen idee vir 'n geskenk? Hier is 'n handige wenk. Ons het mekaar en die liefde blom, maar 'n geldjie sal help as die swaer tye kom.
Ja!
Ja, 'n kontant-kroeg sal by die onthaal beskikbaar wees.
Formeel — bring jou dansskoene saam!
Onthaal sluit om 12:00 (middernag).
BEVESTIG ASSEBLIEF TEEN 14 AUGUSTUS
Bevestig jou teenwoordigheid